Valke-lid vas vir kontant-in-transito rooftogte

Written by on May 15, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

‘n Lid van die Valke se elite Ernstige Georganiseerde Misdaadondersoekeenheid is gister deur sy kollegas in hegtenis geneem in verband met kontant-in-transito rooftogte. Ondersoekbeampte Petrus Dokter Nkosi, het gister op verskeie aanklagte, insluitend sameswering om kontant-in-transito en gewapende roof te pleeg, voor die Nelspruit streekshof verskyn. Hy word ook van geldwassery, en die ongemagtigde gebruik van ‘n staatsvoertuig aangekla. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, het die inhegtenisname bevestig. Volgens ‘n amptelike verklaring deur die Valke het Nkosi glo met een sindikaat gedurende 2015, sowel as ‘n ander sindikaat in Hazyview in dieselfde jaar, saamgesweer. Ongeveer 1,4 miljoenrand is destyds gesteel. Nkosi is op borgtog 8000 rand vrygelaat en die saak is tot 16 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Continue reading

Current track
Title
Artist

Background