Sestien vuurwapens uit plaashuis gesteel

Written by on May 15, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die plaaslike polisie het ‘n reuse soektog na drie verdagtes wat sestien wapens vanuit ‘n plaashuis in Waterval Boven gesteel het, van stapel gestuur. Die gewapende verdagtes het glo deur ‘n venster toegang tot die huis verkry, waarna die eienaar aan ‘n stoel vasgebind is. Twee kluise is oopgebreek en elf jaggewere, vier haelgewere en een pistool sowel as ammunisie is gesteel. Die rowers het die gesteelde wapens, saam met ‘n televisie en ‘n rekenaar, in die slagoffer se silwer Volvo gelaai en gevlug. Die registrasienommer is HCN 528 MP.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background