100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nuus

Page: 285

Dit wil al hoe meer lyk asof die gerugte oor ʼn rondloperleeu in die omgewing van Malelane veel meer as net gerugte is. Netwerk 24 het oor die naweek berig dat petroljoggies by Obaro in Malelane heel moontlik ʼn leeu gesien het wat na hulle gekyk het vanuit die donkerte. Gerrie Gamacho, roofdierkenner van die […]

Wat bloot net ’n reuseverlies sou gewees het, het uiteindelik in ’n positiewe hulpverleningsprojek ontaard. Jo-Anne White, besturende direkteur van die Tindlovu-groep het op Maandagaand 23 Maart, nadat pres. Cyril Ramaphosa die nuus van die nasionale inperking aangekondig het, besef wat die implikasie daarvan is. Al die restaurante en kioske wat in die Nasionale Krugerpark […]

Luister meer op jou radio.

Alita Steenkamp Chimp Eden, die veilige hawe vir sjimpansees buite Nelspruit op die Barbertonpad is ook swaar getref deur die impak van die koronavirus. Reeds op 17 Maart het die bestuur van Chimp Eden besluit om die hekke vir besoekers te sluit. Chimp Eden is ʼn gewilde stilhouplek vir plaaslike mense en ook baie oorsese […]

Sigarette is nie ‘n noodsaaklikheid nie, en mag daarom vir die duur van die tydperk van inperking nie verkoop word nie. Polisieminister genl. Bheki Cele het Vrydag duidelikheid hieroor gegee. Hy het ook vermeld dat heelwat mense al in hegtenis geneem is weens die oortreding van die inperkingsregulasies. Van die arrestasies was 752 in Mpumalanga. […]

Stella-myn, ʼn ou asbesmyn wat in die tagtigerjare gesluit is, is deesdae ʼn informele nedersetting. Hierdie nedersetting lê naby die Barberton-grondpad wat uit die Kaapsehoop-pad afdraai. Baie van die inwoners van Stella-myn is werksaam op Kaapsehoop en pendel daagliks vanaf die Barberton-afdraai tot in Kaapsehoop. Hulle is altyd afhanklik van saamrygeleenthede. Ander werk by boere […]

Die departement van samewerkende regering het Donderdag veranderinge aangekondig, wat sekere individue toelaat om tussen provinsies, metropole en distrikte te reis om begrafnisse by te woon. Volgens dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, moet individue wat wil reis ‘n permit bekom. Slegs die oorledene se man of vrou, lewensmaat, kinders en […]

TRAC het streng maatreëls ingestel by hul tolhekke om padgebruikers en werknemers te beskerm. Kommunikasiebestuurder Solange Soares sê dat alle Suid-Afrikaners deur die 21-dag inperking geraak word. As ‘n essensiële diens is alle personeel by tolplazas op die N4 in higiëne en Covid-19-protokol opgelei. Slegs kernpersoneel werk en net die e-Tag-hek en een ander baan […]

Die impak van die koronavirus het verskillende bedrywe hard getref. Vir akteurs en kunstenaars was dit ʼn geweldige skok toe die direkteur van die KKNK, Hugo Theart, op 14 Maart aangekondig het dat hierdie fees nie vanjaar gaan plaasvind nie. Dit was nog byna twee weke voordat pres. Ramaphosa die landwye inperking afgekondig het. ʼn […]

Mbombela se gemeenskap staan saam om te help om na die dorp se haweloses om te sien. Volgens past. TJ Maré van die Mpumalanga Leadership Foundation wat Nelspruit Gemeenskapsforum bestuur, voorsien hulle daagliks drie maaltye aan tussen 87 en 100 mense. “Dit is ‘n harde tyd, maar die gemeenskap help baie,” sê hy. “Ons weet […]