100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nuus

Page: 222

‘n Groep van Hoërskool Bergvlam se jong wetenskaplikes is genooi om in Oktober aan die nasionale Tritech-ekspo deel te neem. Die “Vlammies Cradle”-span bestaan uit Brian Magagula, Esther Ukpe, Jeff Simango, Nosipho Mampho en Pfumani Khoza. Hul naam is geïnspireer deur Newton’s Cradle en Pfumani sê hulle is ‘n span wat soos ‘n masjien saamwerk. […]

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Krugerwildtuin verdedig besluit om olifantkalfie uit te sit, valke soek verdagtes wat twee polisielede skiet, Working on Fire stuur brandbestryders na Kanada en die DA vra Menseregtekommissie om tekort aan medisyne te ondersoek. Luister die hooftrekke hier:

Die onlangse besluit van die Krugerwildtuin (NKW) om ‘n wees olifantkalfie van kant te maak, het vrae laat ontstaan oor SANParke se beleid oor mense se ingryping in die natuur. Die olifantjie is geskiet nadat die ma aan natuurlike oorsake dood is. Volgens SANParke se beleid word ingryping nie toegelaat wanneer diere wees gelaat of […]

Laevelders is diereliefhebbers en dis nie ongewoon om met wilde diere in kontak te kom nie. Jy kry egter wilde diere en dan kry jy wilde diere, sê Chris Hobkirk van die Mpumalanga toerisme- en parkeraad (MTPA) vir Sanett. Luister weer hier na die volledige gesprek. Volgens Hobkirk sal dieselfde diere verskillend optree in omgewings […]

Hoërskool Nelspruit se hoofleiers vir 2021/22 is gister aangekondig. Die dux’e is Paul Harley en Rhodé Nel. Die adjunk dux’e is Wilmien van der Merwe, Berna Kok, Jomarié du Toit, Dina Grimbeek, Larise Combrink, Joshua Devine, Wynand Loubser, Hannes Feuth, Conrad Joubert en Wikus van Biljon. Rhodé is ‘n kranige atleet en hokkiespeler en Hannes […]

‘n Totaal van 109 brandweer- en bestuurslede van Working on Fire (WoF) sal vanaand in die provinsie Manitoba aankom om Kanada te help met brandbestrydingspogings. Die land ervaar reeds vir weke vernietigende brande en het ‘n samewerkingsooreenkoms met Suid-Afrika dat hulle mekaar met hulpbronne help. WoF-woordvoerder, Linton Rensburg, sê die afvaardiging het gisteraand vertrek. Dit […]

Die derde vlaag Covid-19-infeksies hou vol om druk te plaas op Mediclinic Nelspruit se intensiewe- en hoësorg, sowel as noodgevalle eenhede. Dr. Gerrit de Villiers van die groep sê hulle glo almal wat daarvoor kwalifiseer, behoort teen die virus ingeënt word, omdat dit die risiko om ernstig siek te word, of weens die virus te […]

Suid-Afrika se top-man-tennisspeler, Lloyd Harris, het in die vroeë oggendure van Vrydag die grootste oorwinning van sy loopbaan tot dusver behaal, toe hy by die ATP Citi Open die legendariese Rafael Nadal verslaan het. Sy ma, Cecelia Harris, het haar raad aan Laeveldse ouers wie se kinders sportdrome koester, met Radio Laeveld 100.5FM gedeel. Die […]

Dit is Vrouedag 2021 en ter viering daarvan het Lynette Beer, die skrywer, spreker en stigter van Seeds of Inspiration, met Sanett gesels oor hoe sy vroue se rolle sien. Sy sê ‘n vrou moet met moed leef – ter wille van haarself, ander mense, God, én haar vyande. Sy wei uit. Kyk hier weer […]

The Capital Mbombela is gereed om in November sy deure in Mpumalanga se hoofstad te open en beloof om ‘n eerste vir Mbombela te wees. The Capital se benadering is om beide hotelkamers te bied sowel as luukse woonstelle wat besoekers kan huur. Buiten vir sakemense is dit ideaal vir naweek-besoekers of gesinne wat kom […]