100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nog 10 000 geënt tydens Vooma-naweek in Laeveld

Written by on October 6, 2021

Mpumalanga kon die naweek tydens die regering se landwye Vooma-inentingsveldtog 19 295 mense teen Covid-19 inent.
Die inisiatief is van stapel gestuur om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang deur private inentingslokale oor die naweek oop te maak.
Volgens ‘n woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, Chris Nobela, is die meeste inentings (10 022) in Ehlanzeni-distrik toegedien, gevolg deur Nkangala (5 081) en Gert Sibande (4 192).
Daar is die afgelope 24 uur 52 nuwe gevalle van die virus in die provinsie aangemeld en geen sterftes nie.
Mediclinic Nelspruit se bestuurder, Carmen Savva, sê hulle het dit ondersteun omdat mense wat ingeënt is beduidend minder ernstig siek raak van die virus as hulle dit opdoen.
Die Oos-Kaap het tans die land se grootste persentasie volledig-ingeënte volwassenes met 28,17%, gevolg deur Limpopo (28,02%) en die Wes-Kaap (27,9%).
Die meeste gevalle kom in KwaZulu-Natal voor met 25%. Die dodetal sedert die begin van die pandemie weens die virus staan op 87 922. Die land se herstelkoers is tans 95,7%.
Intussen ondersoek die Menseregtekommissie (MRK) bewerings van tekorte aan medikasie by sommige klinieke en hospitale in Mpumalanga.
Volgens die DA se Jane Sithole, wat die MRK in dié verband genader het, kan pasiënte soms nie eens antibiotika of Panado by Kanyamazane-kliniek en Themba-hospitaal kry nie.
Sy sê verder die Openbare Beskermer se onlangse bevinding dat ‘n tekort aan instandhoudingswerk dienste by Themba ernstig belemmer, die party se jarelange klagte oor die swak toestand van gesondheidsdienste regverdig.

Die party het ook gevra klagte, dat Covid-19-toetse nie oor naweke beskikbaar is nie, deur die MRK ondersoek moet word.


×