100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sabie Xperience wink vir avontuurlustige bergfietsryers

Written by on October 6, 2021

Die jaarlikse Sabie Xperience vind vanjaar weer later as gewoonlik, volgende maand, plaas.
Dit is die 17de aflewering van dié drie dag lange bergfietswedren wat gewoonlik vroeër die jaar is, maar sedert 2020 weens Covid uitgestel moes word. Dit sal van 4 tot 6 November by Floreat Riverside Retreat aangebied word.
Die organiseerder, Denzil Lawrie, sê daar is besluit om deelnemers vanjaar tot 300 te beperk.

“Ons wil nie hê die ryers moet voel asof hulle net ‘n nommer is nie. Ons voel dit is soos ‘n groot familie wat bymekaar kom. Dit is ‘n familiebyeenkoms,” sê hy.
Die Sabie Xperience is een van die oudste soortgelyke wedrenne vir bergfiets in die land, en vind plaas in wat hy die mekka van bergfietsry noem: Sabie.
“Toe ons begin het was daar net so drie, nou is daar so 80 landwyd.”
Die omgewing spog met ongerepte watervalle en oop landskappe, alles teen die heuwelagtige agtergrond van die Drakensberge.
Die fietspaadjies word netjies in stand gehou, en is ontwerp met die gedagte dat dit vir alle ouderdomme geskik moet wees.
“Dit is ‘n ongelooflike omgewing om so ‘n fietswedren te hou,” sê Lawrie. “Dit is ook vir die meer avontuurlustige bergfietsryer.”
Daar is drie afstande om van te kies: ‘n 180 km solo-resies, 140 km spanresies en 140 km vir solo-deelnemers.
Buiten die ongelooflike geskenkpakke van SPAR wat elke deelnemer ontvang, is ‘n menigte groot pryse ook op die spel.
“Ons het gedeelde waardes,” sê SPAR se Bella Mogane, wat in beheer is van SPAR DC se borgskappe. “Dit is, soos ons, familie-geöriënteerd. Dit skep ook werk en ondersteun plaaslike ondernemings.”
Vir meer besonderhede en om in te skryf, besoek sabiexperience.co.za.

* Foto: Sabie Xperience Facebook-blad.


×