100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister weer: Palliatiewe sorg is baie meer as wat jy dink

Written by on October 4, 2021

Saterdag is Wêrelddag vir hospice en palliatiewe sorg.
“As mense ‘hospice’ hoor, dink hulle die dood wag hulle in,” sê Landi Bezuidenhout van Nelspruit Hospice. “Hulle besef nie wat palliatiewe sorg alles behels nie.”
Sy het vir Robin meer vertel oor wat dit werklik beteken.

Sy wys daarop dat palliatiewe sorg bedoel is vir elke mens wat met ‘n lewensbedreigende siekte gediagnoseer word, selfs wanneer hulle later daarvan herstel. Hospice wil van die begin van jou diagnose betrokke wees om jou behoeftes beter te verstaan, sê sy.
“Ons fokus op die lewe, ons fokus op hoop. Ons help om mense se lewensomstandighede te verbeter. Ons doen tuisversoging ons kyk hoe ons mense daar kan help.”
Veral met Covid-19 het baie dokters gevra dat hulle pasiënte se bloed gaan neem by hul huise vir toetse – wat onder meer hul risiko en blootstelling.
Boonop vervul hulle hierdie belangrike rol vir mense in ‘n 30 km-radius rondom Nelspruit.


×