100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hoërskool Lydenburg vier 100ste jaar

Written by on October 1, 2021

Hoërskool Lydenburg (LHS) hou hierdie naweek hul Eeufeesviering. Die skool is amptelik op 27 Julie 1921 gestig.
Louise Steenkamp, ‘n oud-leerling en afgetrede onderwyser van die skool, het vir Gerhardt vertel dat die leerlinge aanvanklik in tente skool gegaan het, tot die skoolgebou in 1924 voltooi is. Luister hier oor meer van LHS se geskiedenis.

Die wêreldbekende skrywer André P. Brink, wat in 1952 aan LHS gematrikuleer het, is moontlik die mees bekende alumnus wat al “In die lower van ons velde” gesing het.
Die toekoms lyk ook blink. Vanaf 2022 gaan robotika as ‘n buitemuurse aktiwiteit by LHS aangebied word, sowel as ander nuwe vakgebiede, soos landbou.
Die nuwe skoolhoof, Michael van der Merwe, wat in April by die skool ingeskakel het, vertel wat sy fokus vir die skool sal wees vir die volgende vyf jaar.

Maar eers word daar hierdie naweek groot makietie gehou, waaraan daar al meer as ‘n jaar beplan word.
Vanaand is daar ‘n piekniek en môre ’n gholfdag. Saterdag sal daar by die skool ook ’n pretpark wees vir kinders, ‘n teetuin, en ‘n massa ken-mekaar bring-en-braai. Die matriekgroep van 1971 hou ook hul 50 jaar-reünie.
Sondag word die naweek afgesluit met ‘n erediens by die NG Moedergemeente.
Om betrokke te raak of meer uit te vind oor bywoning, kontak die skool by 013-235-2111 of vir Ian Breitenbach by 082-729-6733.

*Foto: Michelle Boshoff | Steelburger/Lydenburg News


×