100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kyk: 4 Eva Young stel nuwe musiekvideo vry

Written by on October 5, 2021

Die gewilde pikkies van 4 Eva Young Band het pas hul nuwe enkelsnit, “Ek is net ‘n kind”, vrygestel.
Die jong lede van dié nuwe groep, raak al hoe meer bekend en gewild, en met goeie rede.
Johan van Rooyen (11), Caitie Rock (11), Reuben Herbst (10) en Zandri Bezuidenhout (9) het met Gerhardt gesels oor hul groep-familie. Luister weer hier daarna.

Dit is wat hulle te sê het oor hoe dit voel om sukses te behaal met die groep.
Johan (kitaar en sang): “Dit voel asof ons in ‘n droom is en dit is ‘n droom wat waargekom het vir my. Dit het my vriende gemaak met mense wat ek nie gedink het nie.”
Reuben (baskitaar): “Dit was ook my droom om in ‘n ‘band’ te kon speel, want ek het net begin alleen voel en nou dat ek net vol voel saam met die ‘band’-familie en dit voel ‘amazing’ om op koerantpapier te wees.”
Dít nou na aanleiding van hul verskyning in die Sondagkoerant, Rapport, die afgelope naweek.
Caitie (voorsanger en ukulele): “Dit is net lekker om bymekaar te kom en musiek te maak.”
Zandri (tromspeler): “Dit is soos ‘n droom wat waar geword het en die hele wêreld gaan dit nou sien.”
Hul eie oupas en oumas vertolk rolle in die musiekvideo rolle. Kyk hier daarna:


×