ADVERTEER:

Met ons lojale luisteraars wat ons adverteerders en borge met elke moontlike geleentheid ondersteun , kan u besigheid nie anders as om te groei nie.  Daarom kan ons met  sekerheid sê dat Radio Laeveld nie net elke dag self groei nie, maar dat ons adverteerders saam met Radio Laeveld groei.

 

HIER IS 'N PAAR REDES HOEKOM RADIO ADVERTENSIE WERK

  1. Byna almal van ons luister radio, gemiddeld so 20 ure per week.
  2. Radio is opdringerig, en hierby bedoel ons nie op 'n slegte manier nie. jy sien mens wil hê advertensie moet indring in mense se lewens, sodat mense daarvan notisie kan neem. Radio bereik mense oorals waar hulle is, in die motor, bad, tuin, motorhuis, by die werk en selfs in die bed. Radio volg mense orals waar hulle hul besige lewens ly.
  3. Radio is intiem. Dit is mense wat met mense praat, is dit nie hoe ons mekaar oorreed, en radio kan emosie soveel beter gebruik as enige ander vorm van advertensie.  Emosie dryf mense om te koop, radio word nie verniet  "theater of the mind" genoem nie.
  4. Radio is "word of mouth on steroids."  'n Mens hoor altyd hoe mense sê dat dit die beste vorm van advertensie is. Radio laat jou toe om 'n positiewe boodskap oor jou besigheid oor te dra.
  5. Radio advertensies kos normaalweg goedkoper as ander media. In die gedrukte media kry jy eenmalig 'n kans om jou mark te bereik, op Radio kan jy tot soveel as 45 herhalings van jou advertensie vir dieselfde R waarde kry.
  6. Radio gee jou die geleentheid om 'n spesifieke demografiese gebied te teiken. Jy kan 'n spesifieke persoon bereik, oud of jonk, skolier of student. Ook kan spesifieke inkomste groepe bereik word.
  7. Radio spreek jou spesifieke behoefdes aan. Anders as ander advertensie media is dit makliker om jou advertensie vinnig te verander, sonder groot kostes.

 

 

ADVERTENSIE GEDREWE INLIGTING OOR RADIO LAEVELD
 
FREKWENSIE
100.5 MHz FM Stereo

UITSAAI GEBIED
Meeste van Mpumalanga, Insluitend  Lydenburg, Sabie, Graskop, Kruger Nationale Park, Hazyview, Nelspruit, Barberton, Machadadorp, Badplaas, Malelane, Komatipoort en Waterval Boven.

LSM GROEP
6 - 10

OUDERDOMS GROEPE
All

UITSAAI URE/DAE
24/7

UITSAAI TAAL
Afrikaans/Engelse onderhoude/gesprekke onder sekere omstandighede/Engelse advertensies op versoek

DOELWT MARK
Almal

PROGRAM FORMAAT/ ALGEMENE INLIGTING
40% Music and 60% Talk

Volgens sensus 2009 bly daar 186 110 Afrikaans sprekende mense in Radio Laeveld se opvang gebied, en volgens radio Laeveld se marknavorsing luister sowat 80 000 van die mense na Radio Laeveld. Radio Laeveld het ook Engelse en anders kleurige luisteraars.

MICA:

       IMG 2478IMG 2483 IMG 2489

 

 

 


Doen dit jouself
Herman en Johan in gesprek met 'n verskeidenheid artikels by MICA Nelspruit beskikbaar.