100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

moord

Page: 7

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus.

Die 21-jarige man word verbind met 14 moorde, verkragting en ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, brandstigting, huisbraak en opsetlike saakbeskadiging.

Julius Mndawe is in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela tot lewenslank gevonnis vir die moorde op vyf vroue wat hy in 2018 en 2019 in sy erf begrawe het.

Die polisie in Nelspruit ondersoek ‘n dubbele moord na ‘n ma en haar volwasse seun se liggame Sondagoggend in Mataffin gevind is. Die bure het glo gister die polisie gebel weens die reuk wat uit die huis gekom het. Die 44-jarige vrou se liggaam is gevind met ‘n plastieksak oor haar kop en ‘n bed […]

‘n Pa en seun is Donderdag in die Middelburg-hof gevonnis vir, onder meer, die besit van renosterhorings en ‘n haaivin. Die 48-jarige pa en 27-jarige seun se name is albei Alberto Ernesto Nharreluga en beide is van Mosambiek afkomstig. Hulle is op 20 April 2019 op die N4 naby Nelspruit deur die Middelburg-blitspatrollie afgetrek. Die […]

Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar medelye betuig aan die familie van Wandile Lucia Khoza (29), wat Dinsdag na bewering deur haar kêrel by die werk doodgeskiet is. Volgens die polisie het die verdagte by Nkomazi-munisipaliteit se kantore in Malalane, waar sy gewerk het, opgedaag. ‘n Argument het ontstaan voor sy geskiet is. Die […]

‘n LUR in die Mpumalanga-regering is vanoggend gearresteer vir moord en poging tot moord. Volgens die polisie se brig. Vishnu Naidoo het die 45-jarige man homself aan die Nelspruit-polisie oorhandig saam met sy regsverteenwoordiger. Hy was glo betrokke by ‘n skietery in Nelspruit op 22 Augustus waar twee mense doodgeskiet is, en een gewond is. […]

‘n 30-jarige man is in Elukwatini gearresteer omdat hy na bewering sy vriendin se kinders en pa vergiftig het. Volgens die polisie het die tweejarige dogtertjie, vierjarige seuntjie en hul 59-jarige oupa kort nadat hulle aandete geëet het, begin braak. Die verdagte en kinders se ma het nie van die kos geëet nie. Die dogtertjie […]

Nompumelelo Portia Nkambule (37) is Vrydag in die Hooggeregshof in Mpumalanga tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy haar gewese kêrel se dogtertjie doodgemaak het. Volgens die nasionale vervolgingsgesag was klein Philisiwe Charlotte Nkosi (3) vanaf Desember tot Februarie in die vrou se sorg naby Barberton terwyl haar pa werk gaan soek het. Haar biologiese ma […]

‘n Onwettige goudverwerker wat Donderdag in Pelgrimsrus aangekeer is, sal Woensdag in Graskop aansoek doen om borgtog. Volgens die Valke is die 34-jarige Thabang Ntsibane ‘n onwettige immigrant van Lesotho. Hy is tydens ‘n gesamentlike operasie tussen verskillende wetstoepassingsorganisasies aangekeer waar hy glo ‘n goudverwerkings laboratorium bedryf. Daar is ook op sakke vol gouddraende erts […]


×