100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagte aangekeer vir moord op polisiebeampte in Pienaar

Written by on August 4, 2022

‘n 29-jarige vrou is gister aangekeer in verband met die moord op ‘n polisiebeampte in Pienaar.
Mandlenkosi Happy Thwala (45) was by Kabokweni gestasioneer.
Sy buurvrou het gisteroggend op sy liggaam afgekom, na sy ma haar gevra het om by hom in te loer omdat sy vermoed het dat hy iets oorgekom het.
Hy was in die bed met sigbare koeëlwonde.
Volgens die polisie is hy twee keer in die kop geskiet en drie keer in sy torso – na vermoede met sy dienspistool wat later langs ‘n pad opgetel is.
Twee patroondoppies is op die vloer opgetel. Sy voertuig en selfoon is eers vermis, maar is later agtergelaat in bosse gevind.
‘n Saak van moord en roof word ondersoek.
Provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Daphney Manamela, het haar meegevoel aan sy naasbestaandes betuig.
Sy sê hulle is bekommerd oor die moord op polisiebeamptes, veral in die Kabokweni-area die afgelope maande.
Die verdagte sal na verwagting môre in die hof verskyn.


×