100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man vas vir moord op tienermeisie na menslike oorskot gevind is

Written by on August 17, 2022

‘n 24-jarige man verskyn vandag in die hof in Masoyi op ‘n klagte van moord en dwarsboming van die gereg, na ‘n menslike geraamte Sondag by Nkanini Trust ontdek is.
Volgens die polisie het kinders van ‘n inisiasieskool in ‘n beboste area op die oorskot afgekom.
Hulle glo dit is die van ‘n 15-jarige meisie wat in Desember vermis geraak het.
Die rok wat op die toneel gevind is, is positief deur haar familie uitgeken.
Die verdagte is in Malalane aangekeer. Daar word vermoed dat hy probeer vlug het.
Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het ondersoekers vir die deurbraak geloof.
“Dit is ‘n skande dat ‘n soortgelyke voorval onlangs in die Masoyi-area gebeur het waar Bontle Mashiyane wreed vermoor is,” voeg sy by.
Lees meer: Nog twee verdagtes vasgetrek vir moord op Bontle
“Ons sou nooit kon dink dat so ‘n gruweldaad so gou weer deur hierdie gemeenskap ervaar sou word nie. Hierdie is ‘n morele kwessie en ons vra geloofsorganisasies en tradisionele leiers om met ons hande te neem om hierdie plaag te beveg.”
Intussen is die polisie is Bosbokrand op soek na die familie van ‘n man van wie die oorskot op 15 Mei gevind is. Hy word geskat as ongeveer 35 jaar oud.
Hy was met draad aan ‘n boom vasgebind en het ‘n swart denimbroek aangehad. Enigiemand met inligting oor sy identiteit of die van sy moordenaar is aangemoedig om die polisie te kontak.


×