100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man sit 18 jaar na die moord op die ma van sy vriendin

Written by on August 15, 2022

’n Man van Kabokweni is tot ‘n totaal van 33 jaar agter tralies gevonnis, na hy sy vriendin se ma doodgeskiet het.
Bhuti Khuli Khumalo (48) is Donderdag in die Nelspruit-streekshof tot 15 jaar gevonnis vir moord, 15 jaar vir die onwettige besit van ‘n outomatiese vuurwapen en drie jaar vir die onwettige besit van ammunisie. Die twee 15-jaar-vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.
Volgens die Valke se kapt. Dineo Sekgotodi het Khumalo op 16 Desember 2015 in Clau-Clau naby Kabokweni by die huis van sy destydse vriendin haar ma voor haar en haar sibbe doodgeskiet na ‘n argument met sy vriendin.
Hy is twee maande later deur die Valke aangekeer. Hy het die vuurwapen aan hulle uitgewys by sy huis in Zwelisha.
Hy is borgtog toegestaan, het die voorwaardes verbreek en is weer aangekeer toe hy probeer het om die grens na Mosambiek oor te steek in 2019. Hy was sedertien aanhouding.


×