100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Swadini sluit tydelik vir die publiek in September

Written by on August 15, 2022

Swadini in die Blyderivier-natuurreservaat sal vanaf 1 September tydelik gesluit wees vir die publiek vir verfilming wat daar plaasvind.
Volgens die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) geld dit van 1 tot 22 September.
Ander toeriste-aantreklikhede op die Panoramaroete, soos God’s Window, Bourke’s Luck Potholes, Drie Rondavels en Pinnacle word nie daardeur geraak nie.
Diegene wat toegang tot die dam verlang, sal op sekere dae toegelaat word.
Kontak vooraf die Blyde Avontuursentrum by 081-487-2267 of [email protected].


×