100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ma en seun gevonnis wat oor motorongeluk jok

Written by on August 15, 2022

‘n Ma en seun is verlede week gevonnis omdat hulle gelieg het oor ‘n motorongeluk wat in Augustus 2018 op die R533 tussen Hlabekisa en Matibidi by Ohrigstad plaasgevind het.
Vyf passasiers is beseer toe die VW Polo met Ralph Mohlala (23) agter die stuur omgeslaan het. Hy het nie ‘n bestuurderslisensie gehad nie.
Sy ma Silvia Mohlala (55) het volgens die Valke saam met die ondersoekbeampte gewerk om ‘n persoon wat nie teenwoordig was nie as die bestuurder voor te hou.
In Desember is vier verdagtes aangekeer en elk is borgtog van R10 000 toegestaan.
Donderdag het die hof vir kommerisiële misdaad in Nelspruit ma en seun gevonnis.
Sy is tot 24 maande korrektiewe toesig gevonnis vir sameswering om bedrog te pleeg.
Haar seun is ‘n boete opgelê van R3 000 of ses maande agter tralies vir roekelose en nalatige besuur asook 12 maande, opgeskort vir drie jaar, vir bestuur sonder ‘n lisensie en 12 maande, opgeskort vir drie jaar, vir dwarsboming van die gereg.


×