100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende ontvoerders nou ook aangekla van moord in Mkhuhlu

Written by on July 13, 2022

‘n Moordklagte is gevoeg teen vier verdagtes wat Donderdag in die hof in Mkhuhlu naby Bosbokrand aangekla is van ontvoering.
Dit na die 24-jarige Skhumbuzo Intelligent Sikhumbane op 2 Julie deur sy familie in Calcutta as vermis aangegee is. Hy is glo daarvan beskuldig dat hy ‘n skootrekenaar gesteel het.
Volgens polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, is sy liggaam Saterdag in die Sabierivier ontdek.
Die moordklag is gister teen Prayer Mdluli (29), Christ Zwane (30), Kriel Khoza (24) en Evidence Nkuna (36) gevoeg tydens ‘n vlugtige verskyning in die hof.
Die saak is uitgestel tot Maandag wanneer hulle formeel vir borgtog aansoek sal doena.


×