100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gardee-familie vra dat Valke moordondersoek oorneem

Written by on July 13, 2022

Die familie van die vermoorde Hillary Gardee het volgens berigte gesê hulle het gister hofdokumente by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien waarin hulle vra dat die hof die polisie opdrag gee om die dossier aan die Valke te oorhandig sodat hulle dit verder kan ondersoek.
Dit volg na die staatsaanklaer aangekondig het dat Sipho Mkhatshwa, Philemon Lukhele en Mduduzi Gama nou ook van sameswering tot moord aangekla word.
Hulle staan in Mbombela tereg op die moord, ontvoering en verkragting van die 28-jarige Gardee, wie se liggaam in Mei naby ‘n plantasie buite die stad gevind is.
Lees die volledige vorige berig hier: Familie sê Hillary Gardee is in die agterkop geskiet


×