100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Skryf nou in vir Innibos-meesterklasse voor Eisteddfod

Written by on July 13, 2022

Innibos span vanjaar kragte saam met Kaz McFadden om werkswinkels ter voorbereiding van die Nelspruit Eisteddfod wat in Augustus plaasvind aan te bied.
McFadden is bekend vir sy televisierolle in onder meer Binnelanders, Villa Rosa en 7de Laan en teaterproduksies Vaselinetjie en Iewers op die Grens.
Hy is ook besturende direkteur van PALI Incubation, ‘n opleidingsentrum vir akteurs, regisseurs en vervaardigers.
Tydens die werkswinkels word temas soos stemprojeksie, uitspraak, die kies en memorisering van tekste, lyftaal, selfvertroue, toesprake, dialoë, hoe om die senuwees te kalmeer en die sakekant van die vermaaklikheidsbedryf behandel.
Alle kinders met ‘n belangstelling in die uitvoerende kunste word genooi om dit by te woon. Leerders wat aan die Nelspruit Eisteddfod gaan deelneem sal beslis daarby baat vind, sê Andy Lubbe, Innibos-direkteur.
“Hierdie is ʼn besondere geleentheid en ek wil die Laeveld se jeug aanmoedig om die kans met albei hande aan te gryp.”
Die werkswinkel word Woensdag, 27 Julie om 14:00, 16:00 en 18:00 by Communio Church aangebied. Daar is verskillende klasse vir Afrikaans en Engels, sowel as laerskool- en hoërskoolleerders.
Die inskrywingsfooi is slegs R50 per persoon. Inskryfvorms is te kry by innibos.co.za.


×