100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Misdaad

Page: 15

Drie mans is gister swaar gevonnis in die Mpumalanga Hooggeregshof vir ‘n moord wat hulle in Junie 2019 gepleeg het. Vusi Sihlabela (41), Karabo Makhubedu (31) en Norman Mokoena (25) het ‘n man van sy beursie beroof in ‘n drinkplek in Marite naby Hazyview. Toe hulle uitvind hy het die saak by die polisie aangegee, […]

Miah de Beer (14) is gister uit die hospitaal ontslaan nadat sy verlede week in die been geskiet is tydens ‘n mislukte kaping. Sy was saam met haar ma, Melani, en boetie Marnu (11), op pad terug van ‘n vakansie in die Krugerwildtuin. Hulle het die wildtuin deur Numbi-hek verlaat. Om ongeveer 12:45 is daar […]

‘n Verdagte is Maandag in Barberton aangekeer vir die dubbele moord op speurder Nkosinathi Lucky Ngwenya en sy vriend, Jaftha Mnisi. Hulle is op 17 Oktober 2021 by Zanni Tavern doodgeskiet. Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde. Lifa Blessing Nkosi (42), ‘n voormalige Mbombela-wyksraadslid, is in November daarvoor aangekeer en is sedertien in […]

‘n Tienermeisie (14) is gister in haar been geskiet, terwyl sy saam met haar ma en boetie (11) op pad was terug huis toe van vakansie af in die Krugerwildtuin. Die gesin van Pretoria het in Pretoriuskop gekamp en het die wildtuin by Numbi-hek verlaat. Sers. Nanikie Nonyane, woordvoerder van die Masoyi-polisie, het bevestig dat […]

Twee verdagtes is gister in Sabie aangekeer deur die Nelspruit Blitspatrollie. Hulle was glo in die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Gugu Phiri, was hulle in ‘n voertuig wat na bewering by Kabokweni gekaap is. Die nasporingsmaatskappy en polisie het hulle gevolg. Sy sê hulle het in bosse in gevlug toe […]

Groot skade is aan verskeie winkels by Tonga Mall aangerig tydens ‘n rooftog. Volgens die polisie se brig. Selvy Mohlala het ‘n groep aanvallers Woensdag om 01:30 die oggend ‘n sekuriteitswag vasgebind en die ander beveel om te vlug. Met hul aankoms het ‘n skietgeveg tussen die polisie en rowers ontstaan. In twee van die […]

Die polisie in Nelspruit ondersoek ‘n dubbele moord na ‘n ma en haar volwasse seun se liggame Sondagoggend in Mataffin gevind is. Die bure het glo gister die polisie gebel weens die reuk wat uit die huis gekom het. Die 44-jarige vrou se liggaam is gevind met ‘n plastieksak oor haar kop en ‘n bed […]

‘n Pa en seun is Donderdag in die Middelburg-hof gevonnis vir, onder meer, die besit van renosterhorings en ‘n haaivin. Die 48-jarige pa en 27-jarige seun se name is albei Alberto Ernesto Nharreluga en beide is van Mosambiek afkomstig. Hulle is op 20 April 2019 op die N4 naby Nelspruit deur die Middelburg-blitspatrollie afgetrek. Die […]

Agt verdagtes het* vandag in die hof in Komatipoort verskyn op klagte van bedrog en korrupsie. Drie mense is Vrydag aangekeer en nog drie Sondag. Die Valke se woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, sê nog twee verdagtes sou hulself  aan die owerhede oorhanding. Die intelligensie-gedrewe operasie na immigrasiebeamptes by Lebombo-grenspos het in Desember 2019 afgeskop. Hulle […]

Twee mans wat na bewering meer as R4,5 miljoen by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling gesteel het, het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Ronny Germany Ngwenyama (44) en Tinyiko Shadrack Golele (44) word van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla. Golele was na bewering in September 2018 ‘n projekbestuurder in die Mpumalanga departement […]


×