100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tiener uit hospitaal ontslaan na kapers haar in been skiet

Written by on January 10, 2022

Miah de Beer (14) is gister uit die hospitaal ontslaan nadat sy verlede week in die been geskiet is tydens ‘n mislukte kaping.
Sy was saam met haar ma, Melani, en boetie Marnu (11), op pad terug van ‘n vakansie in die Krugerwildtuin. Hulle het die wildtuin deur Numbi-hek verlaat.
Om ongeveer 12:45 is daar op die R538 by ‘n spoedhobbel oorkant ‘n taxi-staanplek in Mganduzweni Trust op hulle gevuur deur twee mans.
Melani kon wegjaag, maar verskeie skote is afgevuur, waarvan een haar dogter in die been getref het. Sy is in Mediclinic Nelspruit behandel.
Haar ma sê sy het ‘n dreineringspypie in haar been, en behoort twee keer die week wondversorging by die hospitaal te ondergaan, voor hulle kan terugkeer huis toe in Pretoria.
Sy voeg by dat mense baie mooi na hulle omsien.
Lees die volledige berig oor die aanval hier: Ma vertel hoe vermeende kapers dogter skiet.

Luister: Ma vertel hoe vermeende kapers dogter skiet


Twee mans is gisteroggend in Ntunda naby Tonga dood. Volgens die polisie het ‘n ‘n 32-jarige man ‘n 24-jarige om ongeveer 02:00 in sy ouerhuis doodgeskiet.
Die slagoffer se jonger broer het na bewering die skote gehoor en die aanvaller herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp gesteek tot hy dood is.
Twee moordsake is geopen en die 22-jarige is aangekeer. Hy sal na verwagting vandag in die Nkomazi-landdroshof verskyn.
Vier verdagtes tussen 28 en 30 jaar oud sal na verwagting vandag in die Barberton-landdroshof verskyn vir die besit van drie ongelisensieerde pistole en ammunisie wat die naweek in hul besit gevind is.

Volgens brig. Selvy Mohlala is die Nelspruit-blitspatrollie en Kaapmuiden SAPD in kennis gestel van ‘n verdagte Toyota Corolla, wat hulle kort daarna op die N4 naby Kaapmuiden afgetrek het.
Een gelisensieerde pistool en geweer in die vier se besit is ook gekonfiskeer.


×