100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Misdaad

Page: 13

Sers. Enok Themba Nsimba is Vrydagoggend noodlottig gewond in ‘n skietery met verdagtes in Kabokweni.

Mannejagte is ook geloods na plaasmoord in Delmas en transitoroof in Masoyi.

Die 60-jarige man is vanmiddag in Masoyi aangekeer.

Die man was glo in besit van ‘n jaggeweer, knaldemper en mes.

Hulle is in twee afsonderlike voorvalle Saterdag en Sondag deur die Nelspruit-blitspatrollie vasgestrek op die N4.

Jannie Ferreira is vroeg Dinsdagoggend met ‘n mes in sy maag gesteek toe hy twee vermeende diewe in sy erf betrap het.

Die 21-jarige man word verbind met 14 moorde, verkragting en ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, brandstigting, huisbraak en opsetlike saakbeskadiging.

Vier gewapende rowers is vanoggend aangekeer nadat hulle die Galaxy Grill-restaurant in i’langa Mall beroof het. Volgens die polisie tel ‘n voormalige polisiesersant wat in misdaadintelligensie in Mpumalanga gewerk het, onder die vier aangekeerdes. Brig. Selvy Mohlala sê die mans het om ongeveer 08:00 die restaurant binne gestorm, en verskeie werknemers met kabelbinders vasgemaak en […]

‘n Omstander is gister doodgeskiet deur vermeende rowers tydens ‘n skietgeveg met die polisie in Elukwatini. Volgens die polisie het ‘n groep verdagtes ‘n kontantwa wat by ‘n kitsbank geparkeer was om geld op te tel, om ongeveer 08:00 aangeval en met plofstof oopgeblaas. Hulle het met kontant gevlug. Terwyl wetstoepassers hulle agterna gesit het, […]

‘n Vermeende renosterstroper is Vrydag aangekeer by die hof, na hy sy borgvoorwaardes verbreek het. Die Valke het Rogerio Domingos Moiane gearresteer tydens sy hofverskyning vir die besit van renosterhoring in Delmas. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi is Moiane aanvanklik in Maart 2016 in Kaapmuiden vasgetrek in besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en knaldemper. Nadat […]


×