100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vier vas na gewapende roof by i’langa Mall

Written by on February 7, 2022

Vier gewapende rowers is vanoggend aangekeer nadat hulle die Galaxy Grill-restaurant in i’langa Mall beroof het.
Volgens die polisie tel ‘n voormalige polisiesersant wat in misdaadintelligensie in Mpumalanga gewerk het, onder die vier aangekeerdes.
Brig. Selvy Mohlala sê die mans het om ongeveer 08:00 die restaurant binne gestorm, en verskeie werknemers met kabelbinders vasgemaak en van hul selfone, skootrekenaars en kontant beroof.
Een werknemer wat ten tyde van die voorval in die badkamer was, kon hulp ontbied. Die aanvallers is deur sekerheidswagte naby hul voertuig, ‘n Toyota Corolla Quest sonder nommerplate of ‘n lisensieskyf, aangekeer.

Twee vuurwapens en ammunisie, asook items wat hulle in die restauarent gebuit het, is deur die polisie gekonfiskeer.
Fred Smith van i’langa Mall het bevestig dat hulle kort voor 08:00 verdagte aktiwiteit met ‘n verdagte voertuig wat buite die perseel geparkeer was, opgemerk het.
Gewapende reaksie is op ‘n hoë gereedheidsvlak geplaas. Kort daarna het die roof plaasgevind en is die aanvallers aangekeer.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het die inkopiesentrum se sekuriteitswagte geloof vir hul vinnige reaksie en samewerking met die polisie.


×