Nuus
Page: 216
Inheemse bloukurpers word was ‘n hoogs bedreigde spesie geklassifiseer. Dit is weens verskeie bedreigings waarvan een die uitheemse Nylkurper is. Juandré Buchholz, ‘n hengelaar met ‘n passie vir die bewaring van inheemse visspesies, het vir Gerhardt vertel dat dit weens verbastering is. Luister weer hier na die gesprek.
‘n Onwettige goudverwerker wat Donderdag in Pelgrimsrus aangekeer is, sal Woensdag in Graskop aansoek doen om borgtog. Volgens die Valke is die 34-jarige Thabang Ntsibane ‘n onwettige immigrant van Lesotho. Hy is tydens ‘n gesamentlike operasie tussen verskillende wetstoepassingsorganisasies aangekeer waar hy glo ‘n goudverwerkings laboratorium bedryf. Daar is ook op sakke vol gouddraende erts […]
Ekonomiese raadgewer vir die Optimum beleggingsgroep, dr. Roelof Botha, het Vrydag by Church Unlimited verduidelik hoe Suid-Afrika se ekonomie na die grendeltydperk van die Covid-pandemie op die herstelpad is. Hy sê hy is positief, maar met rede, omdat die jongste data wys hoeveel industrieë reeds herstel het tot dieselfde vlakke of beter as voor die […]
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê Covid-19-infeksies in die land toon tekens van ‘n volgehoue afwaartse neiging. Suid-Afrika het die afgelope 24 uur 3 961 nuwe gevalle aangemeld, wat die totaal sedert die begin van die pandemie op 2 858 195 te staan bring. Die meeste nuwe gevalle was in KwaZulu-Natal met 28%, gevolg […]
Die polisie het ‘n mannejag geloods na die verdagtes wat ‘n 39-jarige vrou Dinsdag in Pienaar doodgeskiet het. Volgens kol. Donald Mdhluli was die vrou alleen in haar voertuig toe dit om ongeveer 11:45 deur ‘n wit Mercedes Benz voorgekeer is. Twee gewapende aanvallers het uitgeklim en haar geskiet. Hulle het glo ook kontant uit […]
Tom Armitage, ‘n gr. 10-leerling aan Penryn College het onlangs sy C-gradering as valkenier behaal. Penryn is die enigste skool in die land wat dié sport aanbied. In Suider Afrika is daar net twee ander skole, beide in Zimbabwe, wat dit aanbied. Steve van Rensburg het dit begin toe hy as onderwyser by Penryn College […]
In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Geliefde Laevelder in frats valskermongeluk dood, wetgewer stem in om Barberton-rioolkrisis te ondersoek en NHS-ontvangsdame aangewys as Kantoorkampioen 2021. Luister die week se hooftrekke hier.
‘n Nuwe realiteitsreeks wat in sewe SANParke-reservate afspeel, sal vanaf 7 Oktober op die kassie begin draai. Die 13-week-lange “Away for Repair” het vier spanne deelnemers van twee elk wat tydens die reeks werk aan hul verhoudinge met mekaar. Daar is ‘n ma en dogter, twee sussies, ‘n getroude paartjie en twee vriende. Die aanbieders […]
Die baie geliefde Hilmar Backer is Sondag in ‘n fratsongeluk dood terwyl hy en ‘n vriend, Rudi Serfontein, in Delmas ‘n valskerm gespring het. Hy is wyd beskryf as iemand wat elke dag voluit geleef het, ‘n rolmodel was vir ander, wonderlik was met kinders, en vreesloos avontuurlustig was. Sy vriendin Denise von Zweel en […]
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) wat op 1 Julie in werking getree het, is op alle ondernemings en industriëe van toepassing. Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, het raad vir veral bemarkers oor hoe om binne die wet op te tree, want onkunde is nie ‘n verskoning nie. In die eerste aflewering van […]