100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ekonoom voorspel 5,4% groei

Written by on September 13, 2021

Ekonomiese raadgewer vir die Optimum beleggingsgroep, dr. Roelof Botha, het Vrydag by Church Unlimited verduidelik hoe Suid-Afrika se ekonomie na die grendeltydperk van die Covid-pandemie op die herstelpad is.
Hy sê hy is positief, maar met rede, omdat die jongste data wys hoeveel industrieë reeds herstel het tot dieselfde vlakke of beter as voor die pandemie. Dit sluit in landbou, konstruksie en kommoditeitspryse, om net ‘n paar te noem.
Uiteraard is daar steeds baie uitdagings, maar een van die groot dryfvere van die opbloei wat hy verwag is die regering se nuwe ekonomiese beleid.
Hy het met Mireille gesels oor die groei van 5,4% wat hy voorspel vir die land. Luister weer hier daarna.


×