100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister: Vriende deel herinneringe van geliefde Hilmar Backer

Written by on September 8, 2021

Die baie geliefde Hilmar Backer is Sondag in ‘n fratsongeluk dood terwyl hy en ‘n vriend, Rudi Serfontein, in Delmas ‘n valskerm gespring het.

Hy is wyd beskryf as iemand wat elke dag voluit geleef het, ‘n rolmodel was vir ander, wonderlik was met kinders, en vreesloos avontuurlustig was.
Sy vriendin Denise von Zweel en mede-avonturier “broers”, Joggie Botma en Dylan Whitehair, het van hul herinneringe gedeel en vertel hoe ‘n sterk band die sport tussen hulle gevorm het.

Serfontein het baie seer gekry tydens die ongeluk. Volgens hul jongste inligting moet sy femur se kop vervang word.
Hulle bid vir sy herstel. Hilmar se erediens is Vrydag.
“Nou verander alles sonder Hilmar,” sê Botma. Maar hulle beplan nie om op te hou spring nie, “want dit is nie wat hy wil hê ons moet doen nie”.
Kyk ‘n video van dié groep se sprong by die Drankensberg-amfiteater vroeër vanjaar hier:


×