100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

SANParke kondig realiteitsreeks oor verhoudings aan

Written by on September 9, 2021

‘n Nuwe realiteitsreeks wat in sewe SANParke-reservate afspeel, sal vanaf 7 Oktober op die kassie begin draai.
Die 13-week-lange “Away for Repair” het vier spanne deelnemers van twee elk wat tydens die reeks werk aan hul verhoudinge met mekaar.
Daar is ‘n ma en dogter, twee sussies, ‘n getroude paartjie en twee vriende.
Die aanbieders is Rami Chuene en Romeo Mabasa.
SANParke sê by monde van Hapiloe Sello dat die reeks kykers op ‘n emosionele mallemeule sal neem saam met die spanne teen die agtergrond van sommige van die land se mooiste nasionale parke.
Dit sluit in die Krugerwildtuin, Mapungubwe en Tsitsikamma waar die spanne aan uitdagings gaan deelneem wat hulle sal beproef ten einde laaste hul gebroke bande met mekaar te herstel.
“Deur die reeks sal ons die diversiteit van ons reservate ten toon stel, en die reeks beskikbare pret en opvoedkundige aktiwiteite ten toon stel,” sê Sello. “Ons voel ook dit is belangrik om die waarde daarvan om tyd te spander in die natuur vir emosionele welstand te benadruk.”
Die wen-span kry ‘n naweek se verblyf by die nuwe Skukuza Safari Lodge in die wildtuin met die span wat tweede eindig wat ‘n ervaring wen by die Golden Gate Highlands Nasionale Park. Kontantpryse is ook op die spel.
Kyk die video van die voorskou hier:

“Away for Repair” wys vanaf 7 Oktober elke Donderdag op Mzansi Magic, DStv-kanaal 161 om 21:30.


×