100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Penryn-valkenier behaal C-gradering

Written by on September 10, 2021

Tom Armitage, ‘n gr. 10-leerling aan Penryn College het onlangs sy C-gradering as valkenier behaal.
Penryn is die enigste skool in die land wat dié sport aanbied. In Suider Afrika is daar net twee ander skole, beide in Zimbabwe, wat dit aanbied.
Steve van Rensburg het dit begin toe hy as onderwyser by Penryn College begin het en toevallig ook ‘n valkenier was.
Dit behels dat die roofvoël sy natuurlike prooi in sy natuurlike omgewing jag. Die mens is bloot net ‘n verlenging daarvan.
Van Rensburg is ook die voorsitter van die Mpumalanga-valkenierklub. Hulle het vir Gerhardt ‘n bietjie meer vertel oor wat dit behels.
Kyk hier:

Tom is ook ‘n slangvanger en wil in die toekoms in herpetology gaan studeer. Van Rensburg sê die twee gaan hand aan hand.
Sy student het 90% in sy eksamen behaal. ‘n Mens begin by ‘n D-gradering wanneer jy saam met ‘n ander valkenier ervaring begin opdoen en toerusting leer maak.
‘n C-gradering kwalifiseer jou om ‘n voël te kan aanhou. Van Rensburg beplan om sy sperwel (goshawk) vir hom te leen om mee te begin.
Dit is gewoonlik ‘n baie klein groepie leerlinge wat daaraan deelneem. “Dit is nie vir almal nie,” sê Van Rensburg. “Jy moet lief wees vir die bos, en voëls en oor die vaardighede beskik. Dit is nie net ‘n sport nie, maar ‘n leefstyl.”
Kontak Penryn College as jy belangstel om meer hieroor uit te vind.


×