100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Francois en Nykie: ‘Ons kon nie langer dit uithou nie’

Written by on July 15, 2022

Francois Jacobs en Shané (Nykie) Pretorius is, tot hul eie verbasing, verlief.
Nie een van die twee het verwag om ware liefde te vind tydens die tweede seisoen van die realiteitsreeks Op my Eish! nie.
Hulle is vier maande na afloop van die verfilming, wat meestal in die Laeveld was, vol toekomsplanne saam.
Ludi en Mireille het met die paartjie gesels. Luister weer hier.

100.5FM het die reeks oor sy 13 episodes gevolg, ook uit die oogpunt van die ander deelnemers. Kliek op hul name om uit te vind hoe hulle Op my Eish! 2 ervaar het.

Ep. 13: Die vonke spat toe Francois en Nykie die laaste aand voor hy sy keuse aankondig, die reëls oortree en alleen kuier. Sy kon darem intussen haar vriendskappe met Leyla van Greuning en Claudia Hermann herstel.
Ep. 12: Ceylonia Bekker is aanvanklik nie beïndruk dat Francois haar “afsê” nie.
Ep. 11: Dit is totsiens vir Juane Bekker.
Ep. 10: Met slegs vyf deelnemers oor, gaan niemand tydens hierdie episode huis toe nie.
Ep. 9: Francois groet vir Abigail Scholtz.
Ep. 8: Die oorblywende deelnemers raak emosioneel toe Jeannedré de Waal groet.
Ep. 7: Maryna Lourens waag ‘n voorspelling oor die uiteinde van die reeks.
Ep. 6: Elaine Adlem besef sy en Francois sal nooit meer as net vriende wees nie, en sy besluit om huiswaarts te keer.
Ep. 5: Gené van Niekerk en Michelle van der Merwe gaan huis toe.
Ep. 4: Lee-Anne Baker roep die reeks vaarwel toe. Met haar vertrek sluit nog ‘n nuwe “wild card” by die reeks aan: Ceylonia.
Ep. 3: Francois groet vir Rochelle Pretorius en Michelle du Toit.
Ep. 2: Elizna de Waal kondig aan dat sy nie verder aan die reeks deel kan neem nie. Twee “wild cards” sluit in haar plek by die reeks aan: Leyla en Nykie.
Ep. 1: Op my Eish! skop op 14 April af, met Francois wat 15 dames op grond van hul video-inskrywings kies. Na blitsafsprake stuur hy drie huis toe.


×