100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Drie mense laat gaan na ondervraging deur polisie weens moord op toeris

Written by on October 6, 2022

Die polisie in Mpumalanga sê die drie mense van belang wat gister in verband met die moord op ‘n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin ingeneem is vir ondervraging, is intussen laat gaan. Die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê hulle kon nie met die misdaad verbind word nie. Die 67-jarige Jörg Schnarr is Maandag tydens ‘n mislukte kaping op die Numbi-pad doodgeskiet.

=============

6 Oktober, 10:29

Die polisie in Mpumalanga sê niemand is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin nie.
Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, het gisteraand tydens ‘n nuuskonferensie bevestig dat drie verdagtes in verband met die moord op Jörg Schnarr (67) in hegtenis geneem is.

Hy was Maandag saam met sy vrou, Vera, en twee vriende onderweg na die Numbi-hek van die wildtuin toe hulle deur drie gewapende mans voorgekeer is.
Lees meer: Beloning uitgeloof vir inligting na vermeende kapers Duitse toeris doodskiet
Die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê drie persone van belang is vir ondervraging ingeneem, maar nie gearresteer nie.
Die minister van polisie, gen. Bheki Cele, het gister saam met die nasionale polisiekommissaris, gen. Fannie Masemola, die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, en die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, die toneel besoek.
Lees meer: Luister weer: Hoekom die Numbi-hek nie gaan sluit nie
Hy sê ‘n langtermyn oplossing word benodig om gemeenskappe en toeriste te beveilig. Luister weer hier:

Hy het onderneem om saam met die ministers van toerisme en vervoer te werk om ‘n gekoördineerde reaksieplan in plek te stel.
“Dit moet reaktief en proaktief wees en nasionale en plaaslike regering sowel as openbare en private toerisme rolspelers insluit om hulpbronne te kombineer om die faktore aan te spreek wat misdaad in en om Masoyi dryf.”
Cele sê 11 voorvalle van roof op toeriste is tussen April en Junie aangemeld.


×