100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister weer: Hoekom die Numbi-hek nie gaan sluit nie

Written by on October 4, 2022

Die dood van ‘n toeris onderweg na die Krugerwildtuin gistermiddag het wyd kritiek ontlok.
Die Duitser is tydens ‘n mislukte kaping doodgeskiet op die R538.
Lees meer: Beloning uitgeloof vir inligting na vermeende kapers Duitse toeris doodskiet
Die Numbi-pad, soos hy bekend staan, is nou al berug vir die veiligheidsrisiko wat hy inhou, na ‘n reeks geweldadige aanvalle op besoekers aan die wildtuin.
Ike Phaahla, woordvoerder van die Krugerwildtuin, sê dit word nie tans oorweeg om die Numbi-hek bloot te sluit nie. Luister weer hier.

Hy sê Suid-Afrikaners kan nie gyselaar gehou word deur kriminele nie, maar hulle raai besoekers aan om eerder alternatiewe hekke en roetes te gebruik as hulle kan.


×