100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee verskyn in Sabie-hof oor halfton dagga

Written by on January 26, 2023

Sowat ‘n halfton dagga het vir twee mans ‘n nag in ‘n tronksel bespreek toe hulle gisteroggend deur sigbare polisiëring in Sabie gearresteer is.
Volgens die polisie is die mans, van 29 en 34 jaar oud, onderskeidelik van Tanzanië en Eswatini, maar is hulle kennelik wettiglik in die land.
Die 479 kg dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R700 000 is in plastieksakke toegedraai in hul Hyundai H1 met buitelandse nommerplate gevind tydens ‘n stop-en-deursoek-operasie.
Die vonds is na vermoede afkomstig van Eswatini.
Lees ook: Verdagtes in hof weens dagga en Barberton man in die hof oor dagga
Hulle verskyn vandag in die hof in Sabie vir handel in dagga.


×