100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

polisie

Page: 3

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus.

Drie mans is gister swaar gevonnis in die Mpumalanga Hooggeregshof vir ‘n moord wat hulle in Junie 2019 gepleeg het. Vusi Sihlabela (41), Karabo Makhubedu (31) en Norman Mokoena (25) het ‘n man van sy beursie beroof in ‘n drinkplek in Marite naby Hazyview. Toe hulle uitvind hy het die saak by die polisie aangegee, […]

‘n Jong man het verlede week gehelp om sy sussie, wat voor sy geboorte ontvoer is, na meer as 20 jaar op te spoor. Die pasgebore baba is in Maart 2001 in Ermelo ontvoer, terwyl sy saam met haar ma, toe 16 jaar oud, en tannie op pad was huis toe (in Breyten) van Ermelo-hospitaal […]

Die polisie in Nelspruit ondersoek ‘n dubbele moord na ‘n ma en haar volwasse seun se liggame Sondagoggend in Mataffin gevind is. Die bure het glo gister die polisie gebel weens die reuk wat uit die huis gekom het. Die 44-jarige vrou se liggaam is gevind met ‘n plastieksak oor haar kop en ‘n bed […]

‘n Pa en seun is Donderdag in die Middelburg-hof gevonnis vir, onder meer, die besit van renosterhorings en ‘n haaivin. Die 48-jarige pa en 27-jarige seun se name is albei Alberto Ernesto Nharreluga en beide is van Mosambiek afkomstig. Hulle is op 20 April 2019 op die N4 naby Nelspruit deur die Middelburg-blitspatrollie afgetrek. Die […]

‘n Ongeïdentifiseerde man is vanoggend dood gevind in ‘n ongebruikte regeringsgebou in die Mhala-omgewing. Volgens die polisie het hulle om ongeveer 08:00 ‘n anonieme oproep ontvang dat die man noodlottig aangerand is in Dumphries B. Brig. Selvy Mohlala sê die man is met hul aankoms op die toneel in handboeie aangetref met kneusplekke regoor sy […]

‘n Groot groep verdagtes word gesoek na ‘n kitsbank vroeg vanoggend by die Dayizenza-plaza naby Hazyview opgeblaas is. Sekuriteitpersoneel was om ongeveer 06:00 besig met parade toe ‘n groep van sowat agt aanvallers te voorskyn gekom het, en op hulle begin vuur het. Twee wagte is beseer. ‘n Ander groep verdagtes het die sentrum van […]

Stemdag het oor die algemeen vlot verloop gister, maar Trudie Grove-Morgan, die adjunkleier van die DA in Mpumalanga, sê regoor Mbombela het sommige mense probleme gehad om te stem. Veral diegene wat tydens die registrasienaweek van 18 en 19 September herregistreer het, se name het nie op die kiesersrol verskyn waar hulle wou stem nie. […]

‘n 29-jarige man en 24-jarige vrou is gister in Shabalala Trust naby Hazyview aangekeer. Hulle was glo in besit van vyf vuurwapens, polisie-uniforms, ander polisie-toerusting en ‘n magdom ander gesteelde items. Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê dit volg nadat hulle inligting ontvang het oor ‘n voertuig wat vroeër gekaap is. Die voertuig en meubels wat […]

Nompumelelo Portia Nkambule (37) is Vrydag in die Hooggeregshof in Mpumalanga tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy haar gewese kêrel se dogtertjie doodgemaak het. Volgens die nasionale vervolgingsgesag was klein Philisiwe Charlotte Nkosi (3) vanaf Desember tot Februarie in die vrou se sorg naby Barberton terwyl haar pa werk gaan soek het. Haar biologiese ma […]


×