100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie waarsku teen rowers wat vragmotors teiken

Written by on July 5, 2022

Die polisie in Mpumalanga waarsku vragmotorbestuurders teen ‘n vlaag rooftogte onlangs op die N4 en Bethal-pad by Middelburg sowel as die R548, R42 en N12 naby Delmas.
Volgens polisiewoordvoerder brig. Selvy Mohlala is ‘n aantal vragmotorbestuurders deur groepe gewapende mans beroof wanneer hulle stilgehou het om ‘n blaaskans te neem.
Hy sê voorvalle is ook aangemeld waar aanvallers die bestuurders sou waarsku dat iets fout is met hul sleepwaens om hulle te laat stilhou en te beroof.
Drie verdagtes is onlangs aangekeer in verband met die kaping van vragmotors by Middelburg.
Die polisie vra intussen dat bestuurders op veiliger plekke stilhou.
Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, sê sulke misdade skaad die ekonomie en het ‘n beroep gedoen op die publiek om enige inligting met die polisie te deel. Kontak 013-249 1600/1/2/4.

Foto: ‘n Verdagte is op 15 Junie in Delmas aangekeer na hy hierdie tenkwa met diesel gekaap het.


×