100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nuus

Page: 288

Alita Steenkamp Dis nie net toiletpapier en handreinigers wat die laaste paar dae voor die aanbreek van die nasionale inperking van die rakke gevlieg het nie. In die voorbereiding vir die isolasie het baie mense gekies om hulle voorraad boeke aan te vul. Nicola Greeff, bestuurder van Bargain Books in i’langa Mall, sê sy was […]

Kry hier hulp of inligting Die volgende paar weke van afsondering gaan op vele maniere ʼn uitdaging wees. Nie alleen word ʼn mens verhoed om buite jou erf te beweeg nie, maar baie gesinslede gaan gedwing word om vir die eerste keer vir so ʼn lang ononderbroke tydperk net in mekaar se geselskap te wees. […]

Haweloses in Mbombela sal nie in ‘n staat van inperking kan verkeer oor die volgende drie weke nie. Volgens die Mpumalangs Leadership Foundation se past. TJ Maré, sal hulle egter aanhou om mense daagliks van maaltye te voorsien. “Daar is geen staatsplan op die tafel wat ons ontvang het nie. Ons gaan as essensiële diens […]

Die polisie sal hul sigbaarheid vir die duur van die inperkingstydperk vermeerder met patrollies en padblokkades vanaf middernag. Die gesamentlike operasies sal vir die duur van die 21 dae uitgevoer word. Veral padblokkades sal in residensiële areas sowel as op provinsiale en nasionale paaie opgestel word om die beweging van mense en voertuie tot die […]

Nee, jy mag nie tydens die staat van inperking gaan draf nie. Die polisieminister, Bheki Cele, het Woensdag duidelikheid hieroor gegee. Jy mag vir die volgende drie weke ook nie buite jou erf oefen nie, en mag nie met jou hond gaan stap nie. Mpumalanga Rugby se uitvoerende hoof, Pieter Burger, sê hulle ondersteun die […]

Die Mpumalanga Parkeraad sal vandag om 16:00 al hul natuurreservate vir die publiek sluit. Dit volg op President Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die land vanaf Vrydag vir 21 dae in ‘n staat van inperking sal wees. Mpumalanga het sover nege bevestigde COVID-19 gevalle. Die plaaslike reservate sluit in die toerisme-aanloklikhede op die Panorama-roete, ondermeer […]

Die 21 dae van nasionale inperking begin op 26 Maart om middernag. Nasionale inperking is ʼn noodtoestand waarin alle Suid-Afrikaners verplig word om tuis te bly. Daar is wel enkele spesifieke omstandighede waarvoor jy die huis mag verlaat. Kruidenierswinkels, apteke, banke en ander noodsaaklike ondernemings gaan oop bly in hierdie 21 dae. Alle ander ondernemings […]

Op Maandagaand 23 Maart 2020 het Pres. Cyril Ramaphosa 21 dae van algehele afsondering (lockdown) aangekondig. Hierdie drastiese stap is noodsaaklik om die verspreiding van die koronavirus (Covid-19) dringend te beperk. Die besluit is nie ligtelik geneem nie en volg ná ʼn vergadering met verskeie rolspelers om die sosio-ekonomiese trefslag van Covid-19 en die impak […]

Op Dinsdagoggend 24 Maart om 7:20 is een van G4S se geldwaens opgeblaas in ’n transitorooftog. Die voorval het op die hoek van Figtree-straat en Enos Mabuza-rylaan plaasgevind. Die rowers het skote afgevuur op motoriste wat probeer het om hulle van die geldwa af te keer. Geen een is in die voorval beseer nie. Albert […]

Kliek op die foto vir jongste syfers deur Wits Universiteit & vennote.