100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Inperking reëls, hoe raak dit jou

Written by on March 24, 2020

Die 21 dae van nasionale inperking begin op 26 Maart om middernag. Nasionale inperking is ʼn noodtoestand waarin alle Suid-Afrikaners verplig word om tuis te bly. Daar is wel enkele spesifieke omstandighede waarvoor jy die huis mag verlaat. Kruidenierswinkels, apteke, banke en ander noodsaaklike ondernemings gaan oop bly in hierdie 21 dae. Alle ander ondernemings sal gesluit wees.

Wat mag ek doen tydens nasionale inperking?

  • Jy mag mediese hulp gaan soek.
  • Jy mag kruideniersware gaan koop.
  • Jy mag na ʼn apteek gaan.
  • Jy mag na ʼn bank gaan.
  • Jy mag gaan brandstof ingooi.

Mense wat vrygestel word van die nasionale afsondering is alle gesondheidswerkers, noodpersoneel, polisiebeamptes, verkeersbeamptes, militêre mediese personeel en soldate.

Individue wat betrokke is by die produksie, verspreiding en verskaffing van kos en basiese goedere, bankdienste, die instandhouding van water en elektrisiteit asook telekommunikasiedienste, laboratoriumdienste en die verskaffing van mediese en higiëne-produkte word ook toegelaat om van die huis af weg te gaan.

Van die ander maatreëls wat pres. Ramaphosa afgekondig het, is die volgende:

* Suid-Afrikaners wat van hoë risiko-lande terugkeer, sal outomaties vir 14 dae in kwarantyn geplaas word. Hoërisikolande sluit die volgende in: Italië, Iran, Korea, Spanje, Duitsland, die VSA, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Switserland en China.

* Nie-Suid-Afrikaanse reisigers uit daardie lande sal summier weggewys word;

* Internasionale reisigers wat sedert 9 Maart uit hoërisikolande in die land aangekom het, sal waar hulle tuisgaan in isolasie bly vir 14 dae; en

* Alle internasionale vlugte na die Lanseria-lughawe word tydelik opgeskort.

Die nasionale weermag het opdrag gekry om die polisiediens by te staan en seker te maak dat alle aangekondigde maatreëls streng toegepas word.

Enigeen wat nie by die noodmaatreëls se bepalings hou nie, staar ʼn streng boete of tronkstraf vir ʼn maand in die gesig.

Belangrike nommers:

WhatsApp ondersteuning: 0600 123 456

Noodnommer: 0800 029 999

Besoek www.sacoronavirus.co.za


×