100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Natuurreservate gesluit

Written by on March 25, 2020

Die Mpumalanga Parkeraad sal vandag om 16:00 al hul natuurreservate vir die publiek sluit.

Dit volg op President Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die land vanaf Vrydag vir 21 dae in ‘n staat van inperking sal wees. Mpumalanga het sover nege bevestigde COVID-19 gevalle.

Die plaaslike reservate sluit in die toerisme-aanloklikhede op die Panorama-roete, ondermeer Blyde Rivier Canyon, Bourke’s Luck Potholes, God’s Window en die Drie Rondawels.

Die provinsiale gesondheidsdepartement het ook verskeie natuurreserves as plekke van kwarantyn geïdentifiseer.

Dit sluit in Manyeleti met 285 beddens, Kromdraai Kamp met 120, SS Skosana met 36 en Andover met 14 beddens.  Ander plekke sluit in MRTT-hotelskool in KaNyamazane, die Royal Hotel in Pilgrim’s Rest, Graskop Lodge en kosskole.

Noodsaaklike werkers soos wildbewaarders en wildlewe bestuurders sal egter aanhou werk. Johannes Nobunga, uitvoerende hoof van die parkeraad, sê hulle word van beskermende kleredrag en saniteerders voorsien.

Woordvoerder Kholofelo Nkambule:

 


Continue reading

×