100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Padblokkades van middernag

Written by on March 26, 2020

Die polisie sal hul sigbaarheid vir die duur van die inperkingstydperk vermeerder met patrollies en padblokkades vanaf middernag.
Die gesamentlike operasies sal vir die duur van die 21 dae uitgevoer word.
Veral padblokkades sal in residensiële areas sowel as op provinsiale en nasionale paaie opgestel word om die beweging van mense en voertuie tot die minimum te beperk.
Die vervoer van noodsaaklike goedere en dienste, soos brand- en mediese dienste, sal nie daardeur geraak word nie.
Volgens die SAPD sal absoluut geen samekomste toegelaat word nie, buiten begrafnisse – en dan sal die hoeveelheid mense tot ‘n maksimum van 50 beperk word.
Die verkoop van alkohol is streng verbode – ook deur supermarkte – vir die duur van die inperkingstydperk.
Enigiemand wat die regulasies oortree, kan ‘n boete opgelê word, of tot ses maande tronkstraf gevonnis word.


Continue reading

×