Nuus
Page: 214
Na twee winters van geen Innibos Kunstefeeste nie, is die Laeveld gereed om hierdie Erfenisnaweek “bos” te gaan in i’langa Mall. Reg oor die wêreld kry ʼn mens in strate en op pleine musikante wat met ʼn perdekop hul instrumente bespeel. Tydens Bos InniMall kry die Laeveld ook die geleentheid om ons eie perdepianis van […]
In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Bye-aanval eis bekende Komatipoort-bakster, private grondeienaars waarsku Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied se status is in gedrang, Nellie-atleet laat nasionale rekords spat en gaan Bos InniMall die naweek. Luister die hooftrekke hier.
Kom lag al jou Covid-sorge weg by Bos InniMall. Die fees skop môre af in I’langa Mall. Die toneelproduksies, is soos met elke Innibos-fees, uit die boonste rakke, en beloof om al jou kwellinge te verdryf. Komediant Schalk Bezuidenhout is te sien saam met musikant Wesley van der Westhuizen in “Schalk sing sleg”. Die gehoor […]
Juané le Roux, ‘n gr. 8 para-atleet van Hoërskool Nelspruit, het Saterdag tydens ‘n atletiekbyeenkoms in Boksburg drie allemintige nuwe Suid-Afrikaanse rekords in die F46-klas vir dogters o/14 opgestel. In hierdie klassifikasie het atlete ‘n enkele amputasie bo of onder die elmboog. Juané het die gewigstoot-rekord verbeter van 2,4 m na 12,34 m. In skyfwerp […]
Na die derde wilde perd in sowat ses maande in Kaapsehoop verlede week doodgery is, heers daar opnuut kommer oor die diere se veiligheid. Wat hulle so uniek maak is dat hulle die grootste bevolking wilde perde bymekaar is, sê Leon Smith wat al vir 28 jaar in Kaapsehoop woon. Na beraming is daar tans […]
Daar word steeds gesoek na twee vermeende transitorowers wat vanoggend wagte in Sabie aangeval het. Fidelity-wagte was om ongeveer 07:00 besig om kontant by die Spar op te tel. Die een wag was besig om uit die winkel te loop toe drie mans op hulle toeslaan. ‘n Skietery het uitgebreek. Een wag is in die […]
Hoërskool Nelspruit se juf. Maryke Coetzee het van 5 tot 12 September die klaskamer verruil vir die netbalbaan om die Mpumalanga Sunbirds te verteenwoordig by die eerste been van die Telkom Netballiga. Sy was ook die span se kaptein in haar agtste verskyning wat sy vir die provinsiale span vanjaar gemaak het. Sy sê die […]
Nompumelelo Portia Nkambule (37) is Vrydag in die Hooggeregshof in Mpumalanga tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy haar gewese kêrel se dogtertjie doodgemaak het. Volgens die nasionale vervolgingsgesag was klein Philisiwe Charlotte Nkosi (3) vanaf Desember tot Februarie in die vrou se sorg naby Barberton terwyl haar pa werk gaan soek het. Haar biologiese ma […]