100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bloedbank benodig dringend bloed

Written by on December 22, 2021

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) ervaar ‘n ernstige tekort aan bloed, en het mense aangemoedig om bloed te skenk voor Kersfees.
Ronald Marsh skryf dit toe aan ‘n toename in die vraag na bloed en afname in skenkings wat hulle gewoonlik hierdie tyd van die jaar ervaar.
“Desember is tradisioneel ‘n moeilike tyd vir ons, met beperkte toegang to korporatiewe skenkings en die verminderde beskikbaarheid van skenkers,” sê hy.
“Ons het so ‘n ernstige tekort, dat daar moontlik oor die feestyd nie genoegsame bloed vir pasiënte beskikbaar mag wees nie.”

SANBS mik daarna om altyd vyf dae se voorraad te hê. Dit staan tans op minder as drie dae vir O+ en B+, wat kritiek laag is. Die bloedbank vra daarom dat veral mense in dié twee groepe, sowel as AB-, dringend bloed skenk.
In Mbombela is die skenkingsentrums by I’langa Mall en Grove-winkelsentrums sewe dae ‘n week oop. I’langa is weeksdae 09:00 tot 17:00 oop en Grove 09:00 tot 18:00. Daar is ook ‘n skenkersentrum in Lydenburg.
Om bloed te kan skenk, moet jy ouer wees as 16, ten minste 50 kg weeg, en oor die algemeen gesond voel. Dit maak nie saak of jy teen Covid-19 ingeënt is of nie – jy kan steeds bloed skenk.
Minder as 1% van Suid-Afrikaners skenk bloed. Elke donasie kan drie lewens red. Jy kan elke 56 dae skenk.
Vir meer besonderhede besoek sanbs.org.za.


×