100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ses vas wat departement glo uit R3m bedrieg

Written by on December 21, 2021

Ses mense is gister deur die Valke aangekeer op 117 klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as R3‪ miljoen.
Nomthandazo Khoza (41) was ‘n boekhouklerk in die departement van onderwys se Bohlabela-area wat na bewering tussen Mei 2019 en November 2020 saam met ‘n kollega, Mosibudi Makutu (45), geld uit die departement aan hulself en familielede betaal het.
Kapt. Dineo Sekgotodi verduidelik hoe:

Khoza, die hoofverdagte, was verantwoordelik om betalings te maak aan voormalige werknemers en begunstigdes van oorledens en het na bewering met Makutu saamgesweer wat begunstigdes geskep het, en die betalings in hul persoonlike bankrekeninge en die van familielede gemaak het.
Vier van hul familielede is ook aangekeer: Portia Khoza (44), Musa Brandon Mathebula (43), Themba Confidence Khoza (42) en Patrick Ngobeni (40). Daar is ook op vier voertuie beslag gelê.
Khoza is borg van R15 000 toegestaan en die ander tussen R3 000 en R5 000 elk.
Die saak is uitgestel tot 24 Maart 2022 vir verdere ondersoek.


×