100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Roelf Van Jaarsveld

Van radio na rolprente na televisie en terug na radio. Die sirkel is voltooi!

Roelf is bekend vir sy voortreflike klankwerk by die SAUK: Staal Burger, Flink uit die vere en talle dramas. Daar is seker nie ‘n radiopersoonlikheid uit die Gouejare by die SAUK saam met wie hy nie ‘n pad geloop het nie. Daarna saam met Jamie Uys en Daan Retief in die movies: Salomien, Breekpunt, Jamie 21, Beautiful People, Funny People, Mooimeisiesfontein, Die Rebel, The Gods Must Be Crazy, Funny Faces en ’n paar internasionale produksies.

Sy televisieloopbaan loop net so wyd: Brood vir my broer, Jasper le Feuvre, Die vlaktes duskant Hebron, Arende 3 en honderde dokumentêre programme waarvan een ‘n silver toekenning in Texas, VSA, vir beste regisseur en redigeerder verdien het. Maar na al die jare loop die radiobloed  nog dik in sy are. Dis vir hom dus ‘n groot voorreg om meer as dertig jaar se radio/film/TV-ondervinding terug te ploeg tot voordeel van Radio Laeveld se luisteraars!

Roelf behartig ook die Radio Laeveld nuus as nuusanker, weeksdae die nuusprogram, “Dagblad”, Dinsdag tot Donderdag tussen 19h00 en 23h00 is dit ‘n verskeidenheid programme.


×