100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Amanda Botha

Ek het al so baie dinge gedoen en beleef in my oudag (hoor hoe kraak die bene) dat ek boeke vol kan skryf. Ek is ongelukkig ‘n lewensvraat, (Gelukkig nie suurstofdief nie). Soos enige ma, spog ek vreeslik oor my 2 dogters en dink hulle is die beste ding op hierdie aarde, daarom sal ek van daardie onderwerp weg bly. My ma het altyd gesê ek is ‘n aandagvraat, het altyd konserte gehou vir my nefies en niggies wanneer hulle kom kuier het. Maar nie verniet nie, hulle moes 5c betaal, want ek het ‘n enorme gat in die soet tand.
Dit was dieselfde toe ek ‘n baba was: as die tietiebottel leeg was het ek hom altyd uitgehou en gesê:  “Nog asseblief”.  Hoop jy het lekker gelag en nou ken jy my ook bietjie beter en verstaan die oorgewiggies….. die soetigheid jy weet.


×