100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Featured

Page: 212

Die liggaam van ‘n vermeende stroper is gister in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gevind. NKW-woordvoerder, Ike Phaahla, sê hul voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene deur ‘n olifant vertrap is en dat hy deur makkers vergesel en agtergelaat is. Die liggaam is deur veldwagters ontdek nadat hulle inligting ontvang het en spore gevolg het. […]

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Gemeenskap geskok deur bekende Laevelder se moord in Barberton, borg toegestaan aan voormalige LUR wat van moord aangekla word in Nelspruit, Universiteit van Mpumalanga bied vanaf 2022 doktorsgrade en TRAC N4-tydren volgende maand in Dullstroom. Luister die hooftrekke hier.

Toeskouers word vanjaar, vir die eerste keer sedert 2019, toegelaat by die Nasionale Tydren-kampioenskap (NRC). Die laaste twee bene, die TRACN4-tydren, word vanjaar weer in Dullstroom aangebied. Dit vind op 26 en 27 November plaas. Dit is die tweede keer dat TRAC dit hier aanbied. Soos verlede jaar, sal die Dullstroom-epilepsiesentrum vanjaar weer die hoof […]

Die matriekeindeksamen vir die klas van 2021 is hier. Jozelle Grobbelaar, adjunkhoof van leerdersake by Penryn College, sê 2020 was ‘n goeie proeflopie vir skole om te leer hoe om leerlinge tydens die pandemie te ondersteun. Sy vind vanjaar se groep het baie angs, veral weens die wisseling tussen fisies en aanlyn skoolgaan, maar in […]

Toerisme rolspelers in Graskop het aksie geneem na ‘n bejaarde egpaar van Frankryk Maandag naby die dorp gekaap is deur drie verdagtes wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het. Die toeriste was besig om die area rondom Graskop in ‘n huurmotor te verken, toe hulle by die afdraai na Pelgrimsrus gestop is deur die aanvallers. Hulle […]

Die Universiteit van Mpumalanga (UMP) sal vanaf volgende jaar vir die eerste keer doktorsgrade aanbied. Kommunikasiehoof, Tlangelani Ubisi, sê hulle sal in totaal 44 kwalifikasies bied – op van die drie waarmee die universiteit in 2014 begin het. Die doktorsgrade sal in landbou sowel as ontwikkelingstudies wees. Ubisi sê die universiteit het met rasse skrede […]

Die moordbeskuldigde voormalige LUR, Mandla Msibi, en twee medebeskuldigdes, is vanoggend in die Nelspruit-landdroshof borgtog toegestaan. Msibi word saam met vier ander mense aangekla van twee moorde en poging tot moord in verband met ‘n skietvoorval rondom ANC-lysvergaderings wat op 22 Augustus in Mbombela plaasgevind het. Sindela Sipho Lubisi en Dingane Ngwenya is op die […]

‘n Mannejag is geloods na die verdagtes wat Saterdagaand twee mans in Barberton doodgeskiet het. Volgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli was die een slagoffer ‘n polisiebeampte wat ten tyde van die voorval van diens af was. Speurder konst. Nkosinathi Lucky Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde. Die ander slagoffer is as […]

Die Care Buddies bestaan al 19 jaar om na bejaarde mense in die Laeveld se emosionele welstand om te sien. Yvonne McHeath vertel hoe hulle begin het om na bejaarde mense uit te reik en hoe die pandemie dit bemoeilik het omdat kontak nie toegelaat is nie. Luister weer hier na die gesprek. Jy kan […]

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Moordbeskuldigde politikus se borgaansoek gaan vandag voort, brand by Komatipoort suikermeule eindelik geblus en groot beleggings in Mpumalanga se padinfrastruktuur beplan. Luister weer die hooftrekke hier.