100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende stoper in wildtuin glo deur olifant vertrap

Written by on October 22, 2021

Die liggaam van ‘n vermeende stroper is gister in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gevind.
NKW-woordvoerder, Ike Phaahla, sê hul voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene deur ‘n olifant vertrap is en dat hy deur makkers vergesel en agtergelaat is.
Die liggaam is deur veldwagters ontdek nadat hulle inligting ontvang het en spore gevolg het.
Geen dier is in die onmiddelike omgewing doodgemaak nie, aldus die wildtuin.
‘n Vermeende stroper is Saterdag doodgeskiet. Veldwagters het skote gehoor en op twee vermeende stropers afgekom. Die een, wat ‘n geweer by hom gehad het, is noodlottig gewond. Die ander een kon daarin slaag om te vlug.
‘n Rugsak met renosterhorings is langs die verdagte se liggaam gevind asook ‘n jaggeweer en stropingstoerusting.
Die karkas van ‘n swartrenosterbul is daar naby gevind.
‘n Groep vermeende stropers is verlede Vrydag deur veldwagters aangekeer. ‘n Hoëkaliber-jaggeweer, ammunisie en stropingstoerusting is op die toneel gevind.

*Foto ter illustrasie.


×