100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Borg toegestaan aan voormalige LUR wat van moord aangekla word

Written by on October 19, 2021

Die moordbeskuldigde voormalige LUR, Mandla Msibi, en twee medebeskuldigdes, is vanoggend in die Nelspruit-landdroshof borgtog toegestaan.
Msibi word saam met vier ander mense aangekla van twee moorde en poging tot moord in verband met ‘n skietvoorval rondom ANC-lysvergaderings wat op 22 Augustus in Mbombela plaasgevind het.
Sindela Sipho Lubisi en Dingane Ngwenya is op die toneel dood verklaar, terwyl Sfiso Mpila gewond is en hospitaal toe geneem is.
Lees meer: LUR aangekla van dubbele moord
Joseph Charlie Ngwenya en Tshepo Matsane is op 17 September daarvoor in hegtenis geneem. Beide het reeds verskeie hofverskynings gemaak en is borgtog van R20 000 toegestaan.
Msibi is sedert verlede Maandag in aanhouding toe hy homself aan die polisie oorgegee het. Anele Sonke Mnisi en Njabulo Mkhonto het saam met hom verskyn.
Hul borgaansoek is verlede Woensdag deur ‘n bomdreigement by die hof ontwrig. ‘n Groot groep mense het by die hof byeengekom om hom te ondersteun.
Sedertien word die straat voor die hofgebou in Besterstraat tydens hul verskynings deur die polisie afgebaken. Die saak is Vrydag uitgestel tot vandag vir uitspraak.
Die ondersoekbeampte het getuig dat hulle borg geweier moet word, vir hul eie beskerming teen moontlike wraakaanvalle.
Lees meer: Premier dank moordbeskuldigde LUR af
Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, sê al drie is borg van R20 000 toegestaan.
Die saak is uitgestel tot 6 Desember vir verdere ondersoek, wanneer al vyf beskuldigdes saam sal verskyn.
Die voorwardes van hul borg is dat hulle nie met staatsgetuies in mag meng nie, elke Maandag en Vrydag by die Pienaar-polisiestasie moet aanmeld, hul paspoorte in moet handig, en nie sonder die ondersoekbeampte se toestemming die provinsie mag verlaat nie.


×