100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Premier dank moordbeskuldigde LUR af

Written by on October 13, 2021

Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het die LUR vir landbou, landelike ontwikkeling, grond- en omgewingsake, Mandla Msibi, gisteraand uit haar kabinet afgedank.
Msibi word aangekla van moord en poging tot moord. Hy was na bewering betrokke by ‘n skietvoorval tydens ‘n ANC-takvergadering op 22 Augustus waain twee mense dood en een gewond is.
Hy is reeds sedert Maandag in polisie-aanhouding. Sy borgaansoek gaan vandag in die Nelspruit-landdroshof voort.
Lees meer hier: LUR aangekla van moord en poging tot moord
Mtshweni-Tsipane sê sy het die besluit geneem na konsultasie met die ANC se provinsiale leierskap weens die erns van die aanklagte teen hom en die impak wat dit op sy regeringswerk sal hê.
“Dit is te verwagte dat hy tyd aan die saak behoort af te staan en die ANC het sekere morele standaarde aan homself gestel wat ons almal as openbare verteenwoordigers moet navolg,” het sy tydens haar aankondiging aan die media gesê.
Sy is gevra hoekom hy nou eers uit haar uitvoerende komitee geskop word, wanneer hy reeds sedert sy aanstelling in 2018 verskeie soortgelyke, ernstige klagte teen hom gehad het.

Sy voeg by dat sy Msibi al baie jare ken en met hom saamwerk.
“Ek het baie hoë agting vir hom. Ek kan net hoop dat hierdie voorval hom die geleentheid bied om diep na te dink.”
Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, Busisiwe Shiba, sal in sy plek waarneem tot dit permanent gevul kan word.
President Cyril Ramaphosa het gister volgens berigte Msibi gevra om opsy te staan.
Volgens Business Day het Ramaphosa die ANC in die provinsie gevra om dringend aandag te gee aan die kwessie.


×