100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

2022 Hoogtepunte #5: Laeveldse geur in Op My Eish! 2

Written by on December 26, 2022

Die tweede seisoen van die realiteitsreeks “Op my Eish!” het plaaslike boorling, Francois Jacobs, as die hubare losloper gehad.
Vir weke het kykers vasgenael gesit en aanskou hoe hy en Nykie Pretorius, wonder bo wonder, ware liefde by mekaar vind.

Dit is boonop in die Laeveld geskiet, en na afloop van elke episode kon Ludi en Mireille met die deelnemers gesels.
Daar was egter groot drama op die laaste aand – maar Nykie en Leyla van Greuning het gou opgemaak.
Luister weer hier.

Die paartjie is vol toekomsplanne saam. Sien die hele oorsig van die reeks hier.
Lees meer: Francois en Nykie:’Ons kon dit nie langer uithou nie’


×