100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sekuriteitswagte op Numbi-pad geskiet

Written by on December 23, 2022

Twee sekuriteitswagte is gister geskiet en van hul vuurwapens beroof terwyl hulle die Numbi-pad gepatrolleer het.
Gewapende patrollies op die pad ingestel na verskeie geweldadige aanvalle op besoekers aan die Krugerwildtuin.
Volgens die polisie het twee gewapende mans verskyn en op die wagte geskiet.
Hulle is ernstig beseer en per ambulans hospitaal toe geneem.
Die aanvallers het te voet gevlug.

Brig. Selvy Mohlala sê ‘n 72-uur aksieplan is geaktiveer.
Geen arrestasies is nog gemaak nie.


×