100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Veldwagter ernstig beseer deur olifant in Krugerwildtuin

Written by on December 21, 2022

‘n Veldwagter is gister ernstig beseer toe hy deur ‘n olifant aangeval is in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW).
Volgens die woordvoerder van die NKW, Ike Phaahla, was ‘n groep veldwagters op oggendpatrollie in die Pretoriuskop-area toe ‘n teeltrop die pad voor hulle oorgesteek het.
Die een olifant het skielik omgedraai en die veldwagter gestorm. Sy kollegas het ‘n waarskuwingskoot geskiet, wat die olifant laat weghardloop het.
Hy is op die toneel gestabiliseer en per helikopter hospitaal toe geneem.
Cathy Dreyer, die hoofveldwagter, sê hulle is verlig dat hy oorleef het.
“Hierdie is die daaglikse gevare wat ons loop om ons natuurlike erfenis te bewaar,” sê sy. “Die moontlikheid van ‘n aanval is altyd daar en soms onvermydelik, veral hierdie tyd van die jaar wanneer die bos so ruig is dat dit moeilik is om diere op ‘n afstand te sien.”
Sy sê hulle dra hul kollega en sy familie in hul gebede.

Foto ter illustrasie.


×